top of page

Waterbesoedeling deur Klaus-Richter Gobel

Drie –en- sewentig persent van ʼn mens se totale gewig bestaan uit water. Twee-liters elke dag  is nodig  om normaal te funksioneer.  7,4Biljoen mense leef tans op die aarde en vergroot teen ʼn vinnig groeiende koers. Dis nie net vir ons wie water noodsaaklik is om te oorleef nie. Die hele hidrosfeer word bewoon deur biljoene en biljoene organismes wat afhanklik is van die water om hulle. Hierdie syfers sit eintlik in perspektief hoe belangrik en afhanklik ons is van die water op hierdie wêreld is.

 

Ons besoedel tans die see teen ʼn koers van 6.4 miljoen ton ʼn jaar. Dink wat sal daardie koers oor vyfjaar of 10jaar wees. Die probleem bly egter staan. Wat kan ons daaromtrent doen? Aangesien plastiek die grootste oorsaak van seelewesterftes is kan ons begin om daardie ystee-bottel wat jy tweedepouse gekoop het te herwin. Studies bewys dat net een uit elke vyf plastiekbottels word herwin.  

 

Daar is natuurlik ook die opsie om vir instansies geld te skenk wat self uitgaan en die plastiek uit die see vis. Ons het op hierdie webtuiste vir julle dit makliker gemaak om geld te skenk omdat ons vas glo dat ʼn klein bydrae ʼn groot verskil kan maak. Klik op skenk en kies ʼn organisasie wat jy goedvind. Dit sal jou na die instansie se skenkbladsy lei.

 

Ek parafraseer en sluit af deur te sê “The only thing necessary for the truimph of evil pollution is for enough good men to do nothing.”

#Groenvingers

​Kloofstraat 129,
Tuine
Kaapstad
8001

bottom of page