top of page

Landbesoedeling deur Brendan Pretorius

Landbesoedeling is enige tipe vernietiging van die Aarde se landoppervlak. Hierdie kan wees as gevolg van menslike aktiwiteite soos industriële ontwikkeling, ontbossing, mynbou ens. Dit kan alhoewel ook natuurlik wees.

Landbesodeling is ‘n groot probleem en alhoewel dit nie altyd raak gesien kan word soos water of lug besoedeling nie ly die Aarde se landoppervlak steeds daaronder.

 

Plaas jouself in ‘n omgewing 50 jaar van nou af, die water is geel van besoedeling, jy kan nie eens meer die son sien nie en die land, wel daar is nie meer enige vrugbare land in die wêreld oor nie. Dit als net as gevolg van die menslike besoedeling oor die jare. Vra jouself vandag hierdie vraag, wil jy eendag vir jou kinders moet sê, “ Ek kon iets daaraan gedoen het, maar ek het nie.” Hierdie is waarna ons vinning oppad is en ons kan dit stop! Landbesoedeling veroorsaak wêreldwyd elke jaar meer as 20% van alle sterftes in die wêreld.

Daar is 5 groot oorsake van land besoedling en dit is :

ontbossing, mynbou, oorvol stortingsterreine, industrialisering en kernafval.

Al hierdie oorsake het ernstige gevolge en ‘n paar van hierdie gevolge is soos volg hieronder gelys :

1. grond besoedeling

2. dit veroorsaak lug besoedeling

3. ‘n negatiewe effek op menslike gesondheid.

 

Ons moet almal saam staan en besoedeling beveg , Robert Swan het gesê “ The greatest threat to our planet is that someone will save it.” Hy is reg , almal dink dat iemand op ‘n manier ons planeet sal red. Ons moet ophou aanneem dat die Aarde deur iemand anders gered sal word! Ons moet net uitgaan en self ‘n verskil gaan maak.

#Groenvingers

​Kloofstraat 129,
Tuine
Kaapstad
8001

bottom of page