
Lugbesoedeling deur Elzien van der Walt
Elke dag, elke jaar, elke dekade word net al hoe meer lugbesoedeling vrygestel. Hierdie besoedeling het ʼn impak op ons daaglikse lewens en beïnvloed ons gereeld. Lugbesoedeling is ʼn ernstige kwessie wat ander probleme in ons wêreld ook veroorsaak soos aard verwarming en ander vorme van besoedeling.
​
Lugbesoedeling word veroorsaak wanneeer vuillug of uitlaatgasse in ons aarde vrygestel word, dus neem mense hierdie vuillug in. Die vuillug kan mense skadelik beïnvloed en dit het ʼn groot impak op maatskaplike en ekonomiese gebiede.
​
Die oorsaak van lugbesoedeling is die vuil rook of stowwe wat fabrieke uitlaat. Die stowwe het ʼn groot bydrae tot die lugbesoedeling probleem, baie fabrieke wat produkte vervaardig laat vreeslik baie stowwe uit wat in die lug vrygestel word en dus word mense en die osoonlaag daardeur beïnvloed. Mense is die oorsaak van besoedeling as ons iets brand of opwarm word lug besoedeling vrygestel bv. deur mynwese of te kook met gas.
Die gevolg van lugbesoedeling veroorsaak gesondheidsprobleme vir mense, deur die vuil lug in te asem. Lugbesoedeling is baie sleg vir ons nasionale gesondheid. Lugbesoedeling veroorsaak byna 5000 mense se dood per jaar, 3.7% is a.g.v. hart- en asemhalingsiektes, 5.1% is van kanker in die lugwegstelsels en 1% sterf van asemhalingsinfeksies van kinders onder vyf jaar. Die ekonomie word ook deur die besoedeling beïnvloed omdat hulle geweldige kostes moet dra om die probleem te probeer oplos. Die vuilstowwe wat vrygestel word veroorsaak die afbreking in ekosisteme en die beskadiging in van nuttige materiale soos plante en diere.